Tema: Ontdek die wêreld van woorde en letters
Bybelstorie: Moses en die 10 spesiale reëls
Waarde: Wees gehoorsaam
Moses en die 10 spesiale reëls
Daar was ’n tyd baie jare gelede toe God se mense, die Israeliete, in die woestyn gewoon het. Hulle was op pad na ’n nuwe huis wat God hulle belowe het! Eendag het hulle kamp opgeslaan by ’n baie groot berg met die naam Sinaiberg.
God het vir Moses gesê om na die hoogste punt van die berg te gaan om met Hom te praat. Daar was donker wolke en donderweer op die berg. Dit was ’n baie spesiale plek, want God was daar.
God het vir Moses gesê dat Hy sy volk liefhet. Hy wou hulle leer hoe om reg te lewe. So, God het vir Moses 10 spesiale reëls gegee om die mense te leer hoe hulle lief kan wees vir God en vir mekaar. Hierdie reëls word die Tien Gebooie genoem.
Hier is ’n paar van die reëls: Wees liewer vir God as vir enige iemand anders, wees vriendelik met ander, luister na jou ouers, vertel altyd die waarheid en moenie dinge vat wat nie joune is nie.
God het die Tien Gebooie op twee groot kliptafels geskryf. Moses het die kliptafels saam met hom van die berg af gebring en hierdie reëls met al God se mense gedeel.
God se spesiale reëls is ook vir ons! Hulle leer ons om God lief te hê, reg te lewe en vriendelik te wees met almal om ons.
(Eksodus 19:1-20; 24; 31:18)
- Opening
(Hou ’n kryt in die lug)
Wat is dit? Wat maak ons daarmee? Ja, ons kan daarmee teken, maar ons kan ook belangrike dinge daarmee skryf.
Vandag gaan ons leer hoe God 10 baie belangrike reëls geskryf het.
- Ontdek
Kan jy die storie onthou wat ons gister gelees het?
Ja, ons het gepraat oor hoe God vir Moses die tien spesiale reels, die Tien Gebooie, gegee het,. Kom ons lees weer die Bybelverhaal.
Wat is jou gunsteling deel van die storie?
Wat sien jy alles in die prentjie?
- Vertel weer die storie
Kan jy vir my vertel wat gister in ons storie gebeur het? (Vra leidende vrae en lei die kind deur die prent en storie te gebruik.)
Wie het die spesiale reëls aan Moses gegee?
Waarom het God vir ons spesiale reëls gegee?
- Waarde
Hierdie week het ons gesels oor hoe God vir ons tien spesiale reëls gegee het, waaraan ons gehoorsaam moet wees.
Kan jy ‘n paar reëls noem wat ons in die klas of by die huis moet volg?
Hoekom dink jy het ons reëls?
Ja, reëls is daar om ons veilig te hou, ons te help en om ons te leer om die regte ding te doen.
Wat sal gebeur as jy God se reëls gehoorsaam?
- Aktiwiteit
In ons Bybelverhaal hierdie week het God vir ons tien spesiale reëls gegee. Hierdie reëls leer ons hoe om vir God te wys dat ons lief is vir Hom. Dit leer ons ook hoe om ander mense lief te hê.
Wat is van die reëls wat God vir ons gegee het? Kan jy dink aan ‘n paar maniere hoe ons God se reëls elke dag kan volg?
Nou, kom ons speel ‘n speletjie om te sien of jy my reëls kan gehoorsaam, net soos God wil hê ons moet Sy reëls gehoorsaam.
(Speel ‘n eenvoudige luisterspeletjie waar die kinders maklike opdragte volg, soos “spring”, “klap hande,” of “gee vir ‘n maat ’n drukkie”. Gesels oor hoekom ons God se reëls moet gehoorsaam, net soos hulle in hierdie speletjie doen.)