Tema: Almal is welkom, almal word ingesluit
Bybelstorie: Die man by die swembad
Waarde: Vertrou op God se genesing
Die man by die swembad
Eendag het Jesus na ’n spesiale swembad met die naam Bethesda gegaan. Baie mense wat siek en blind was het daar gelê. Ook mense wat kreupel was. Dit beteken dat hulle nie kon loop nie. Al die mense het geglo dat hulle gesond sou word wanneer die water in die swembad beweeg.
Daar was ’n man wat vir 38 jaar nie kon loop nie. Dis ’n lang tyd! Hy het by die swembad gelê en gehoop om gesond te word, maar niemand het hom in die water gehelp wanneer dit beweeg het nie.
Toe Jesus die man sien, het hy geweet die man kon al vir ’n lang tyd nie loop nie. Jesus het vir hom gevra: “Wil jy gesond word?” Die man het gesê: “Ja, maar ek kan nie in die swembad ingaan nie. Niemand help my nie, en iemand klim altyd voor my in.”
Jesus het geglimlag en gesê: “Staan op! Tel jou mat op en loop!” Die man het op Jesus vertrou. Hy het nie die swembad nodig gehad nie. Hy het geglo dat Jesus hom gesond kon maak. Die man het dadelik opgestaan, sy mat opgetel en begin loop.
Hy was so gelukkig! Hy het oral rondgeloop en vir almal gewys wat Jesus vir hom gedoen het. Jesus het hom gesond gemaak omdat hy op God se genesing vertrou het.
(Johannes 5:1-15)
- Opening
Kom ons staan op! Wys my jou bene. Spring nou op en af, en dans in die rondte!
Sjoe, ons is so gelukkig dat ons lyfies dit alles kan doen. Het jy geweet dat daar party mense is wat nie kan loop of spring of dans nie?
Vandag gaan ons uit die Bybel leer van ‘n man wat nie kon loop nie, en hoe Jesus hom genees het. Kom ons lees die Bybelverhaal.
- Ontdek
Kan jy die storie onthou wat ons gister gelees het?
Ja, ons het gesels oor hoe Jesus die man genees het wat nie kon loop nie. Kom ons lees weer die Bybelverhaal.
Wat is jou gunsteling deel van die storie?
Wie het die man gehelp wat nie kon loop nie?
Hoe het Jesus die man gesond gemaak?
- Vertel weer die storie
Kan jy my vertel wat gister in ons storie gebeur het? (Vra leidende vrae en lei die kind deur die prent en storie te gebruik.)
Hoe dink jy het die man gevoel toe hy kon loop?
Wanneer voel jy so?
- Waarde
Hierdie week het ons gesels oor hoe Jesus die kreupel man genees het, wat nie kon loop nie.
Het jy al ooit hulp nodig gehad met iets wat jy nie op jou eie kon doen nie?
Hoe het dit gevoel toe iemand jou gehelp het?
God is altyd reg om ons te help, maar ons moet ook iets baie belangriks doen. Ons moet vertrou dat God ons kan help en ons kan gesond maak wanneer ons siek of beseer is.
Waarmee kan God jou vandag jou help? Kom ons bid daaroor.
- Aktiwiteit
In ons Bybelverhaal hierdie week het ons geleer dat ons altyd op God kan vertrou om ons te help, net soos die kreupel man Jesus vertrou het om hom te gesond te maak.
Wanneer ons siek of beseer is, wie kan ons vertrou om ons te help?
Wat kan ons doen wanneer ons God se hulp nodig het?
Ja, ons kan bid! Nou, kom ons maak of ons genees word net soos die man in ons storie.
(Lê ‘n sagte kombers op die vloer neer. Laat die kinders om die beurt op die mat sit en maak asof hulle die kreupel man is. As jy sê: “Jesus sê: ‘Staan op en loop!'” laat die kind opspring en hul eie spesiale dansie van vreugde doen.)