Tema: Konstruksie: Huise, geboue en brûe
Bybelstorie: Twee soorte bouers
Waarde: Maak goeie keuses
Twee soorte bouers
Jesus het eenkeer ’n storie vertel om Sy dissipels te help om ’n belangrike les te verstaan. Die storie het gegaan oor twee soorte bouers wat elkeen ’n huis gebou het.
Wanneer jy ’n huis bou, bou jy dit op ’n fondasie. Dit is die deel onder die huis wat jy nie kan sien nie, maar wat help om die huis regop en sterk te hou.
Jesus het gesê elkeen wat na God se woorde luister en dit gehoorsaam, is soos ’n wyse man wat ’n sterk huis bou. Die wyse man het sy huis op ’n rots gebou. Daar het ’n groot storm gekom. Dit het gereën en die wind het gewaai. Maar die huis het nie omgeval nie, want dit is op rots gebou.
Elkeen wat nié na God se woorde luister of dit gehoorsaam nie, is soos ’n dwase man wat ’n swak huis bou. Die dwase man het sy huis op sand gebou. Daar het ’n groot storm gekom. Dit het gereën en die wind het gewaai. Toe val die huis op die sand om met ’n groot PLOF!
Jesus het hierdie storie vertel om ’n belangrike les te verduidelik. Elkeen wat op God vertrou en Hom gehoorsaam sal ’n sterk fondasie hê. Selfs as slegte dinge met hulle gebeur, sal hulle sterk kan staan. Maar elkeen wat nie gehoorsaam is aan God nie, sal ’n swak fondasie hê. Hulle sal platval, soos die dwase man se huis, wanneer moeilike tye kom.
(Matteus 7:24-29)
- Opening
Het jy al ooit ‘n sandkasteel op die strand gebou?
Hoe sterk was jou kasteel?
Het die seegolwe dit weggespoel?
Vandag gaan ons hoor van twee bouers wat twee verskillende soorte huise gebou het. Die een het weggespoel en die ander het sterk gestaan. Kom ons lees die Bybelverhaal.
- Ontdek
Kan jy die storie onthou wat ons gister gelees het?
Ja, ons het gesels oor hoe elkeen wat Jesus se woorde gehoorsaam soos ‘n wyse man is wat ‘n sterk huis bou. Kom ons lees weer die Bybelverhaal.
Wat is jou gunsteling deel van die storie?
Wat was een ding wat jou in die storie verras het?
Watter huis in die prentjie is die huis van die dwase man?
En watter een is die huis van die wyse man?
- Vertel weer die storie
Kan jy vir my vertel wat gister in ons storie gebeur het? (Vra vrae en lei die kind deur die prent en storie te gebruik.)
Waarop het die wyse man sy huis gebou? Het dit sterk gestaan na die storm?
Waarop het die dwase man sy huis gebou? Het dit geval?
- Waarde
Hierdie week het ons geleer van die wyse en dwase bouers.
Wat het met die wyse man se huis gebeur toe die wind en die reën gekom het?
Wat sal gebeur wanneer ons op Jesus vertrou en Sy woorde gehoorsaam?
Ons kan sterk staan wanneer ons kies om op Jesus vertrou en Hom te gehoorsaam.
Hoe kan jy op Jesus vertrou en Sy woorde gehoorsaam?
- Aktiwiteit
Wanneer ons op Jesus vertrou en Sy woorde gehoorsaam, sal ons sterk staan net soos die wyse man se huis.
Wat is sommige van die dinge wat Jesus wil hê ons moet gehoorsaam?
Vandag gaan ons ‘n prentjie teken van ‘n huis wat sterk sal staan in ‘n storm!
(Deel papier en kryte uit en laat die kinders ’n prentjie teken van ’n huis wat sterk sal staan in ’n storm. Moedig hulle aan om hulself in die huis te teken. Praat oor hoe ons sterk kan staan wanneer ons op God vertrou.)