GOD SE OOREENKOMS MET ABRAM

Tema: Die buitenste ruimte

Bybelverhaal: God se ooreenkoms met Abram

Waarde: Vertrou God se beloftes

Bybelverhaal: God se groot belofte aan Abram

In die Ou Testament was daar ‘n man met die naam van Abram. God het aan Abram verskyn en hom belowe dat hy vir hom ‘n groot beloning en baie kleinkinders sou gee.

Maar Abram was verward en kon dit nie verstaan nie, want hy het geen kinders gehad nie en hy was al baie oud. Hoe kon hy baie kinders en kleinkinders hê as hy nie eens een seun gehad het nie?

Maar God het vir Abram gesê dat hy hom nie hoef te bekommer nie. God het hom belowe dat hy ‘n seun sou hê. Hy het Abram na buite geneem en vir hom gesê om op te kyk na die naghemel. God het gesê: “Daar is soveel sterre dat jy hulle nie eers kan tel nie. Net soos die sterre, sal jy soveel kleinkinders hê dat jy hulle nie sal kan tel nie.”

Abram het God se belofte aan hom vertrou, en God was bly oor Abram se geloof. God was getrou en het Sy belofte nagekom. Toe Abram 100 jaar oud was, het God vir Abram en sy vrou ‘n seun gegee. Net soos Abram, kan ons God se beloftes vertrou, want Hy sal dit altyd nakom.

(Genesis 15:1-6)

  1. Opening

Het jy al ooit vir iemand iets belowe? Het jy jou belofte nagekom?

Vandag gaan ons hoor van ‘n belofte wat God gemaak het aan ‘n man met die naam Abram.

Kom ons lees die Bybelverhaal.

 

  1. Ontdek

Kan jy die storie onthou wat ons gister gelees het?

Ja, ons het gesels oor ‘n belofte wat God aan Abram gemaak het, en hoe Hy Sy belofte nagekom het. Kom ons lees weer die Bybelverhaal.

Wat is jou gunsteling deel van die storie?

Wat was een ding in die storie wat vir jou ‘n verrassing was?

 

  1. Vertel weer die storie

Kan jy vir my vertel wat gister in ons storie gebeur het? (Vra vrae en lei die kind deur die prent en storie te gebruik.)           

Watter belofte het God aan Abram gemaak?

Hoe oud was Abram toe God vir hom ‘n seun gegee het?

 

  1. Waarde

Hierdie week het ons geleer hoe ons op God se beloftes kan vertrou.

Hoeveel kleinkinders het God vir Abram belowe gaan hy hê?

Het God Sy belofte aan Abram nagekom?

Ons kan God se beloftes vertrou, want Hy sal dit altyd nakom.

 

  1. Aktiwiteit

Net soos God Sy belofte aan Abram nagekom het, sal God altyd Sy beloftes aan ons nakom.

Waarmee kan jy vandag op God vertrou om jou te help?

Vandag gaan ons ‘n pragtige klasversiering maak om ons te herinner hoe God vir Abram belowe het sy kleinkinders sal soveel soos die sterre wees.

(Gee vir elke kind ‘n stuk papier. Help hulle om sterre te teken, in te kleur en uit te knip. Maak ‘n gaatjie aan die bokant van elke ster en bind ‘n toutjie daaraan. Bind nou elke stuk tou met ‘n ster aan ‘n klerehanger vas en hang dit in die klas op as ‘n herinnering aan die les.)